Hawthorn's 21ste Verjaarsdag Party
Saterdag was dit Wayne se werk se 21ste verjaarsdag. Dit was in Leicester gewees. Hul het ons (met 'n bus) op gevat soentoe asook daar oor geslaap gisteraand en na 'n lekker ontbyt was ons vanmiddag terug in London gewees.
Wayne op die bus terug na London. (foto hier onder). Foto's bo is die Warehouse van hul kantore in Leicester en ek en Wayne by die party. Die kos was wonderlik, was alle rande seekosse en hamburgers, worsbroodjies en asook 'n spit vark. Wayne wat nie eers seekosse eet nie het seker maklik 50 oesters geeet. Dit was vrek lekker gewees. Daar was 'n rooi tapyt, verniet kos asook soveel drankies as wat jy wil. Ons het so baie geeet en cocktails gedrink (cosmopolitan, sex on the beach, om maar 'n paar te noem). Ons het nie gedink ons gaan dit so baie geniet nie - maar was vreeslik lekker. Het ook lekker oorgeslaap in 'n hotel. Slegs die kos het Martin Hawthorn so £40 000 gekos - dis sonder die hotelle vir almal asook die vervoer.
1 Comments