Valentynsdag & Naweek

Thursday, February 14, 2008

Vandag was natuurlik Valentynsdag...  Ek en Wayne het vooraf besluit dat ons niks vir mekaar gaan koop nie want dis net 'n geldmaak storie en mens moet vir mekaar ELKE dag wys hoe lief ons mekaar het.  Maar om eerlik te wees, ek het gehoop dat Wayne darem so bietjie romanties gaan wees en my sal verras, al is dit met ietsie kleins.  Ek was nogal teleurgesteld toe ek vanoggend opstaan en natuurlik was daar geen verrassings vir my nie.  Selfs my ma het my verras met 'n oulike boodskap vanoggend.  Ek het net begin vrede maak met die idee dat ek niks gaan kry nie, toe hy my verras met pink en geel tulpe op die treinstasie vannaand.  Ek het eintlik so lekker gekry dat ek die meisies op die trein kon jaloers maak!


Die naweek (beginne met Vrydag aand) het ek en Wayne net werkfunksies - moet eintlik ons Kersfees goed wees.  Ons gaan by 'n restaurant eet more aand vir my werksfunksie en met Wayne sinne gaan ons Saterdag, met 'n bus moet ek by se, op na Darby toe en dan die aand daar in 'n hotel slaap (wat hul gereel het - so ek verwag nie vreeslik baie nie).  Ek sien gladnie uit na dit nie.  Maar dit moet gedoen word.  

Sal laat weet of ons dit darem oorleef het, dalk kan ek jul verras met 'n paar foto's.

Baie liefde
Steph xx

You Might Also Like

0 comments ♥

Like us on Facebook

Press

Flickr Images