Naweek

Monday, March 03, 2008

Ek en Wayne het die naweek saam met Willie by IMAX die nuwe fliek The Spiderwick Chronicles gaan kyk.  Dit was absoluut fantasties gewees.  So regte fantasie storie, maar so oulik.  


Die storie het feetjies en goblins en selfs trolle in.  Te pragtig, laat my net meer verlang na mens se jonger dae.  

En om die fliek natuurlik op die grote IMAX skerm te kyk maak dit net nog tonne beter en meer asemrowend.  

Sal die fliek vir almal aanbeveel.  Die seuntjie van Charlie & the Chocolate factory (Charlie) speel 2 rolle in die fliek - hy speel die tweeling boeties in die hoofrol.  Hy het so goed gespeel, kon nie maklik gewees het om 2 hoofrolle te speel nie.

Verder die naweek was ons maar rustig en voor ons, ons oe kon uitvee was die naweek verby.

EN KAN JY GLO DIS ALWEER MAANDAG, EN DIE BEGIN VAN MAART 2008.

You Might Also Like

0 comments ♥

Like us on Facebook

Press

Flickr Images