Ek en Wayne het Maandagaand Wicked gaan by in die Appollo Theatre. Dit was fantasties gewees!!
Dit gaan oor die Wicked heks en die goeie heks van Wizard of Oz. Was so goed, gee jou bietjie die hekse se kant van die storie. Wayne was nie so mal daaroor nie maar dis seker maar ook omdat dit meer 'n meisie ding as seuntjie ding is. Singery en akteurs was uitstekend. Was mal oor die storie - laat mens nogal dink. Wil nou net die dvd van Wizard of Oz gaan uitneem want ek kan nie meer lekker alles onthou van die fliek nie.
Wicked was meer oor die storie van die hekse voordat Dorethy na Oz toe gegaan het. En hoekom die een ou 'n scare crow is en die ander 'n tin man.
Al wat eintlik tel is, is dat ek daarvan gehou het en dink almal moet dit gaan kyk!!
Ek en Wayne het die naweek saam met Willie by IMAX die nuwe fliek The Spiderwick Chronicles gaan kyk. Dit was absoluut fantasties gewees. So regte fantasie storie, maar so oulik.
Die storie het feetjies en goblins en selfs trolle in. Te pragtig, laat my net meer verlang na mens se jonger dae.
En om die fliek natuurlik op die grote IMAX skerm te kyk maak dit net nog tonne beter en meer asemrowend.
Sal die fliek vir almal aanbeveel. Die seuntjie van Charlie & the Chocolate factory (Charlie) speel 2 rolle in die fliek - hy speel die tweeling boeties in die hoofrol. Hy het so goed gespeel, kon nie maklik gewees het om 2 hoofrolle te speel nie.
Verder die naweek was ons maar rustig en voor ons, ons oe kon uitvee was die naweek verby.
EN KAN JY GLO DIS ALWEER MAANDAG, EN DIE BEGIN VAN MAART 2008.