Hawthorn's 21ste Verjaarsdag Party



Saterdag was dit Wayne se werk se 21ste verjaarsdag.  Dit was in Leicester gewees.  Hul het ons (met 'n bus) op gevat soentoe asook daar oor geslaap gisteraand en na 'n lekker ontbyt was ons vanmiddag terug in London gewees.


Wayne op die bus terug na London. (foto hier onder).  Foto's bo is die Warehouse van hul kantore in Leicester en ek en Wayne by die party.  Die kos was wonderlik, was alle rande seekosse en hamburgers, worsbroodjies en asook 'n spit vark.  Wayne wat nie eers seekosse eet nie het seker maklik 50 oesters geeet.  Dit was vrek lekker gewees.  Daar was 'n rooi tapyt, verniet kos asook soveel drankies as wat jy wil.  Ons het so baie geeet en cocktails gedrink (cosmopolitan, sex on the beach, om maar 'n paar te noem).  Ons het nie gedink ons gaan dit so baie geniet nie - maar was vreeslik lekker.  Het ook lekker oorgeslaap in 'n hotel.  Slegs die kos het Martin Hawthorn so £40 000 gekos - dis sonder die hotelle vir almal asook die vervoer.

Valentynsdag & Naweek

Vandag was natuurlik Valentynsdag...  Ek en Wayne het vooraf besluit dat ons niks vir mekaar gaan koop nie want dis net 'n geldmaak storie en mens moet vir mekaar ELKE dag wys hoe lief ons mekaar het.  Maar om eerlik te wees, ek het gehoop dat Wayne darem so bietjie romanties gaan wees en my sal verras, al is dit met ietsie kleins.  Ek was nogal teleurgesteld toe ek vanoggend opstaan en natuurlik was daar geen verrassings vir my nie.  Selfs my ma het my verras met 'n oulike boodskap vanoggend.  Ek het net begin vrede maak met die idee dat ek niks gaan kry nie, toe hy my verras met pink en geel tulpe op die treinstasie vannaand.  Ek het eintlik so lekker gekry dat ek die meisies op die trein kon jaloers maak!

Die naweek (beginne met Vrydag aand) het ek en Wayne net werkfunksies - moet eintlik ons Kersfees goed wees.  Ons gaan by 'n restaurant eet more aand vir my werksfunksie en met Wayne sinne gaan ons Saterdag, met 'n bus moet ek by se, op na Darby toe en dan die aand daar in 'n hotel slaap (wat hul gereel het - so ek verwag nie vreeslik baie nie).  Ek sien gladnie uit na dit nie.  Maar dit moet gedoen word.  

Sal laat weet of ons dit darem oorleef het, dalk kan ek jul verras met 'n paar foto's.

Baie liefde
Steph xx

Flowers in Winter

Look at this lovely picture of a tree in bloom.  And it is only February now.  It's suppose to be snowing and be cold, but instead we have 12 degree's temperature and flowers on the trees.  

Like us on Facebook

Press

Flickr Images